Welcome, Guest
Username: Password: Remember me

TOPIC: Hoe Nou??

Hoe Nou?? 31 Aug 2016 08:32 #43511

  • Mike1984
  • Offline
  • Got my learners
  • Posts: 34
  • Thank you received: 15
Dis vir my nie lekker om dit ten einde hier te moet post nie maar dis al hoe ek daaroor gaan kom en dis om my se te se. Wat julle dink daarvan is julle opinies en julle is welkom om te deel as julle voel julle moet. Niemand word hierin uitgewys nie en enige afleidings wat jy die leser hieruit maak is jou eie.

Ek is n "problem solver" en ek sal like om te dink n goeie mens. Eens op n tyd het ek n probleem gehad wat ek n paar kere moes oplos terwyl ek so lekker gaan rondry het op my F800GS saam die club. Aangesien ek ook 'n praktiese mens is het ek gaan sit en dink hoe om hierdie spesifieke probleem op te los en het n blink idee gehad wat ek toe in fisiese vorm opgelos het.

Nou kom die deel wat my so pla. Eendag rits ek lekker saam lede van hierdie club rond en toevallig kom ek op n lid af wat nou met dieselfde probleem sit waarmee ek menige male so gesukkel het. Ek kyk toe of enige iemand anders wil help wat toe nie gebeur het nie en dog dis my kans om samaritaan te speel. Ek pluk toe my "invention" uit en tjoef tjaf is die issue uitgesort wat gewoonlik veel langer so vat om op te los. Die man was heel beindruk en het my toe n kompliment betaal vir my vindingrykheid. Dit daar gelaat, nie veel verder daaraan gedink nie en aangegaan met my rit.

Nou kyk ekt nie n probleem daarmee as iemand my idee gebruik om sy eie lewe makliker te maak nie maar die oomblik wat jy hom bemark as jou eie en begin geld maak daarmee is jy in my boekies n verdomde skelm. Hoe laag moet jou etiese en morele standaarde nie wees om so iets te doen nie. Ekt probeer om dit te ignoreer maar ongelukkig is daar reg en daar is verkeerd. JY mnr die skuldige is verkeerd en jy weet dit. :angry:

Nou ok, ek sal admit as ek die idee wou behou as my eie moes ek hom seker laat patenteer het, maar die vet weet n man maak en plan en jy dink nie veel daarvan nie. Maar in so geval moes die persoon sekerlik met my kom praat het en hoor het of ek n probleem sou he met die planne wat hy vir dit ingedagte gehad het. Maybe dit 50/50 gedeel het of watookal ander regverdige oplossings daar kon wees vir die situasie.

Dit daar gelaat. Ekt my se gese en ek voel beter. Die les wat ek geleer het was dat jy maar net weereens niemand in die samelewing kan vertrou nie, want skelms dra verbasende onskuldige maskers.

Groete vir almal daar buite en lekker ry. :ricky:
The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: AntVan

Hoe Nou?? 01 Sep 2016 16:48 #43517

  • sandras
  • Offline
  • Moderator
  • Posts: 247
  • Thank you received: 111
Sjoe, dit is nie lekker as dit gebeur nie. Miskien moet jy dalk maar met die Mnr gaan praat om sodoende die troebel water weer helder te kry. :)

Hoop nie dit gaan jou vriendskappe hier benadeel nie.

Maar nie te min - Lekker ry!
The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: Mike1984

Hoe Nou?? 03 Sep 2016 19:16 #43527

  • Richard H
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 1089
  • Thank you received: 217
As jy diep sakke en 'n patente prokureur ken, kan jy dit beveg.
As jy net 'n prokureursbrief stuur, kan die ideedief dalk instem tot 'n gedeelte van die inkomste.
Omdat dit ander persoon reeds die idee bemark, sal die bewyslas by jou le
om te oortuig dat jy die item voor hom gemaak het.

Die stertke van jou "intellectual property" regte is direk gekoppel
met jou sterkte om dit in die howe te verdedig.

Sterkte
The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: Mike1984

Hoe Nou?? 05 Sep 2016 09:05 #43535

  • Mike1984
  • Offline
  • Got my learners
  • Posts: 34
  • Thank you received: 15
Dankie vir almal se advies, maar dis okay. Ek sal dit die keer los... wie is nou rerig lus vir die bakleiery om te bewys dat iets jou idee was en tweedens, werk ek vir n baas so kostelike hofsake is nie n opsie nie. Ek is n firm believer in what goes around, comes around. Die hond sal sy dag kry. Besides, ekt my sê gesê en ek voel beter, dis nie asof my idees ewe skielik gaan droogloop nie. Ek sal weer iets blinks uitdink en die keer mos weet hoe om te werk te gaan.

Groete en lekker ry aan almal. :ricky:
The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: sandras, AndyPants, Smurf